Ek het besluit om in my moedertaal, Afrikaans, by Wikimedia Commons betrokke te raak. Dis vandag 17 Maart 2021. Wat van my inskrywings en fotopogings gaan word, is ek nie nou heeltemal seker nie, maar soos gewoonlik gaan ek my beste probeer. Vir my as 'n ouer persoon is dit nie baie maklik nie, aangesien ek dikwels mismoedig raak en doelgerigtheid verloor. Nietemin gaan ek 'n goeie poging aanwend. Wie weet, dalk sien my nageslag dit eendag raak. Ek hoop almal wat my bladsy gaan raaksien...en lees, sal geinspireerd wees deur my beskeie poging. Ek is ook nie die beste fotograaf in die wereld nie, maar ek het nog altyd 'n groot liefde vir fotografie gehad en kon dikwels beelde (images) van my omgewing en van my daaglikse lewe op my fotos vasvang. Met my fotos is ek meestal geneig om die snaaksighede en die ironie van die lewe uit te beeld. Baie mense sal dit dalk as beledigend beskou, maar ons lewe in 'n wereld van realiteite en nie in 'n kamtige wereld nie. So, daar begin ek nou met iets nuut, waarvan die uiteinde onbekend is.

I am fully bilingual (Afrikaans & English). Furthermore, my French is not too shabby. Although I can read and write in French, my French conversations skills are not too good. I can also understand Dutch and Flemish. So, any fellow Wiki Commoners are welcome to contact me.